book-icon Uitgawe 7 Oktober 2021

'Skaam' GMR aktrise slaan gelyk droomrol- en man los

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan

As kind was sy so skaam dat sy nie eens self kos in ’n restaurant kon bestel nie. Maar vandag is die sprankelende aktrise glad nie skaam om te verklap dat sy haar kêrel moes aanpor om daardie roosgoud-verloofring aan haar vinger te steek nie. Of om te vertel hoe hard sy gewerk het om ’n droomrol los te slaan nie.

“Ek weet ek’s nog baie jonk, maar ek skimp nou al twee jaar hy moet my vra om te trou, want ek het van die begin af geweet niemand pas beter by my nie,” gesels Melissa Willering (24) oor haar verloofde, die filmredigeerder Regardt Botha.

Die aktrise wat TV-kykers as Getroud met Rugby se Chrissie leer ken het, is net so in haar skik met haar rol as Fleur in die kykNET-dramareeks Nêrens, Noord-Kaap as met haar verlowing.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees