1. Spoorloos is terug! En dié gewilde kykNET-dramareeks beloof om kykers agt episodes lank vasgenael te hou met hope drama, intrige en raaisels.
Nes in die vorige seisoene verdwyn iemand soos ’n groot speld, en geheime van die verlede word weer in die hede oopgekrap. Dié keer word ’n jong argitek se lewe in chaos gedompel toe hy toevallig sy langverlore eerste liefde raakloop.
Dit laat opnuut gevoelens opvlam en trek hom in ’n web van bedrog toe sy vermis raak en hy van haar moord beskuldig word.