Die Spoorloos-reeks laat kykers nog altyd naels kou. En nes in die vorige seisoene verdwyn iemand soos ’n groot speld in die derde seisoen wat nou uitgesaai word.
Dié keer is dit ’n baba en haar oppasser wat van ’n plaas af verdwyn op die aand wat die baba se ouers vermoor is. Sy word 15 jaar later opgespoor en aan haar familie op die plaas terugbesorg. Maar ’n geheime verlede word oopgevlek.