Sy eerste verskyning in kykNET se Suidooster was twee jaar gelede, as die rekenmeester Junaid Suleiman met sy troetelslang, Sylvia. Die slang het moles gemaak op Ruiterbosch en sy eks, Kaashifa (Jawaahier Petersen), grys hare gegee.
Nou het Junaid uit die bloute weer opgedaag – kort ná Kaashifa en Rhafiek (Irshaad Ally) se troue. Dié keer as die nuwe eienaar van die dorp se sapkroeg . . .
Hein (38) sê kykers se eerste reaksie was om te wonder watter moeilikheid sy karakter tussen die twee pasgetroudes gaan maak. “Ek kan beslis sê mense is in vir ’n groot verrassing, en kan heerlike smoothies van Junaid verwag,” verklap hy.