‘Survivor SA’-wenner Nicole: ‘Mense het my onderskat’

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Nicole Wilmans is die wenner van Survivor SA: Immunity Island. Foto: M-Net
Nicole Wilmans is die wenner van Survivor SA: Immunity Island. Foto: M-Net

Dis die derde keer dat die blondekop vir die gewilde reeks ingeskryf het. Dit was vir Nicole belangrik om getrou aan haarself te bly terwyl sy vir 39 dae dit teen 19 ander deelnemers uitgespook het om met die gesogte Survivor-titel en R1 miljoen-prysgeld weg te stap. 

“Ek wou seker maak my hart skyn deur die skerm en dat mense sien dat ek nie hier is om lelik of agterbaks te wees nie. Ek wou net ’n spel speel waarop ek sal trots wees,” vertel Nicole aan Huisgenoot. 

Dit verbaas haar glad nie dat mense haar spel vlak gekyk het nie. “Mense het my baie onderskat en ek hou daarvan, ek is gewoond daaraan. Hulle kyk na my en dink een ding, maar hulle weet nie eintlik wie ek is of waartoe ek in staat is nie.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees