book-icon Uitgawe 7 Oktober 2021

8 romerige en vars resepte met veelsydige avokado’s

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan

Die avokado saam met die sorghum in hierdie slaai verseker dat die maaltyd vullend en gesond is. Hoe langer die slaai in die yskas staan, hoe lekkerder raak dit – voeg net die slaaiblare by nét voor voorsit.

Poke-bakkies word tradisioneel met vars salm gemaak. Ons weergawe is sakpas en selfs nog lekkerder. Ons doop die avokado in ’n heerlike sousie en geroosterde sesamsaad en gebruik dit pleks van die salm.

Ons maak vier ver­skillende geure guacamole. Die guaca­mole kan in lugdigte plastiekbakkies gevries word vir latere gebruik, indien verkies. Drup net ’n bietjie olie oor die oppervlak voor jy die bakkies toemaak en vries tot ’n maand lank. Om te ontdooi, laat staan die bevrore guacamole oornag in die yskas en meng deeglik met ’n vurk voor jy dit voorsit.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

20 Januarie 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees