Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai en sit ’n staander in die kole. Hou ’n toeknyprooster byderhand.
1. Braaibroodjies Verhit die botter en olie in ’n pan en braai die uie en knoffel tot sag. Voeg die suiker by en braai tot gekaramelliseer. Hou eenkant.
2. Smeer die broodrolletjies met die botter en smeer die tamatiesous op die onderste helftes. Skep van die agurkies bo-op, gevolg deur die kaasvelle. Maak die rolletjies toe en hou eenkant.