Die botterbroodjie-braaibroodjie

akkreditasie
Foto: Braaibroodjies en burgers
Foto: Braaibroodjies en burgers

  • Bou die braaibroodjies: Botter elke sny brood aan die een kant. (Dis die kant wat na buite sal kyk wanneer jy die braaibroodjie aanmekaargesit het.)
  • Sit die helfte van die snye brood op hul botterkante neer en smeer ’n ordentlike lagie aarbeikonfyt op elkeen. Strooi die kaas oor.
  • Ek moet nog besluit of ek geel of wit cheddar verkies. Hulle proe dieselfde en lyk vir my ewe goed. Bedek met die oorblywende snye brood met die botterkante na bo.
  • Braaibroodjies is draaibroodjies. Jy moet braaibroodjies gereeld omdraai, en jy braai hulle in ’n toeklaprooster. As jy nie een het nie, koop een – verkieslik ’n verstelbare rooster sodat jy elke broodjie reg kan vasknyp. Jy wil matige hitte hê en die rooster moet taamlik hoog bo die kole wees. Jou doelwit is om die kaas gesmelt en die konfyt lekker warm te hê teen die tyd dat die buitekante goudbruin is. Om te keer dat die broodjies vassit, help dit as jy die rooster telkens oop- en toemaak ná die eerste paar kere se omdraai. Sodra die braaibroodjies reg is, sny jy elkeen in die helfte. Sit voor saam met ’n leksel vars room en ’n koppie tee.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

26 Mei 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees