Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai en sit ’n staander in die kole. Hou ’n toeknyprooster byderhand.
1. Braaibroodjies Smeer die snye brood met die botter. Smeer die helfte van die snye brood met die blatjang. Pak ’n paar skywe tamatie en uie op en geur met die sout en peper.
2. Sprinkel die kaas ruimskoots bo-oor en sit die ander helftes van die broodjies op om toebroodjies te maak. Pak die broodjies op die rooster, knyp toe en braai oor warm kole tot die broodjies goudbruin is, die uie en tamatie warm en die kaas gesmelt.