Kaasburgers met geskroeide uie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kaasburgers met geskroeide uie
Kaasburgers met geskroeide uie

Hou 2 vierkante bakpapier, ongeveer die grootte van ’n pattie elk, byderhand.

1. Verhit ’n skeut olie in ’n groot gietysterpan oor hoë hitte, en braai die uie tot sag en effens geskroei. Moenie skroom om die uie te skroei nie; die gebrande dele sorg vir heerlike smaak en tekstuur. Geur met die sout en peper en hou eenkant.

2. Rooster die gesmeerde rolletjies oor die kole of in ’n droë pan tot goudbruin.

3. Meng die mayonnaise en mosterd, en smeer die mengsel op die bokant en onderkant van die rolletjies.

4. Stapel ’n ruim porsie geskroeide uie op die onderste helfte van elke rolletjie.

5. Patties Verdeel die vleis in 8 balletjies van 125 g.

6. Plaas ’n groot gietysterpan oor hoë hitte. As jy twee panne het, kan jy albei gebruik om die proses vinniger te maak.

7. Verhit die olie tot dit begin rook en plaas 2 balletjies in die pan.

8. Plaas ’n vierkant bakpapier oor elke balletjie en gebruik ’n stewige spatel om die burgers te vorm in patties wat omtrent so groot soos die rolletjie is. Die bakpapier help om te keer dat die vleis aan die spatel vaskleef.

9. Geur met die sout en ­peper en braai 2 min. oor hoë hitte sonder om daaraan te raak. 

10. Gebruik die spatel om die burgerpatties versigtig op te lig en om te draai. Plaas dadelik ’n sny kaas op elke pattie en braai nog 30 sek.

11. Stapel een pattie bo-op die ander en plaas dit op ’n rolletjie. Rond elke burger af met nog geskroeide uie. 

12. Herhaal tot jy vier burgers het.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

9 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees