1. Verhit die olie in ’n potjie en braai die helfte van die vleis 1-2 min. Jy wil net elke stukkie effens seël. Jy hoef nie die vleis gaar te maak nie, en jy hoef dit ook nie aan alle kante te seël nie. Haal die vleis uit die potjie en herhaal die proses met die ander helfte. Wanneer die tweede sarsie klaar is, kan jy al die vleis in ’n bak of bord sit, bedek en eenkant hou, waar dit dan kan wag om later weer by die pot gevoeg te word.
2. Roerbraai die uie in die potjie sowat 4 min. tot hulle sag raak en voeg dan die knoffel by. Uie neem langer as knoffel, so braai altyd eers die uie voor jy die knoffel byvoeg. Dit is algemene raad wat nie net op hierdie resep van toepassing is nie.
3. Voeg al die geseëlde vleisblokkies van stap 1 by. Voeg ook die paprika, brandrissiepoeier, sout en peper by. Wikkel die spulletjie 1 min. rond.