1. Hoender Geur die hoender goed met die sout en peper en pak in ’n niemetaal- marineerbak. Meng die res van die bestanddele en giet oor die hoender.
2. Bedek en laat 3 uur of oornag in die yskas marineer. Draai die hoender halfpad om om te verseker dat dit oraloor marineer.
3. Braaibroodjies Smeer die tortillavelle met roomkaas. Pak die jalapeñoskyfies, mielies, koljanderblare en cheddar op die helfte van die velle. Pak die ander velle bo-op sodat dit soos toebroodjies lyk. Hou eenkant.