Maak ’n vuur met genoeg kole vir braai en sit ’n staander in die kole. Hou ’n toeknyprooster byderhand.
1. Braaibroodjies Smeer die snye brood met die botter. Smeer die kimchi of atjar op die helfte van die snye. Sprinkel van die brandrissies en koljanderblare oor en pak ’n paar skyfies mozzarella op. Pak die ander helftes van die snye brood op om toebroodjies te maak.
2. Varkneksteaks Meng die gemmer, knoffel, sojasous en heuning. Smeer albei kante van die steaks daarmee in. Pak die steaks op die rooster en braai 5 min. per kant oor die kole of tot gaar soos verkies.