book-icon Uitgawe 29 September 2022

Piesang-&-Nutella-rolletjies

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Matthys van Lill.
Foto: Matthys van Lill.

1. Smeer elke wrap aan een kant met ’n lagie Nutella – maak seker dit is tot teen die rand bedek. Die smeer gee die gereg nie net geur nie; dis ook die gom wat die rolletjie bymekaarhou.

2. Sit ’n piesang teen die rand van die Nutella-gesmeerde gedeelte van ’n wrap en rol een keer. Vou by die punte van die piesang die kante van die wrap binnetoe en steek dit in sodat die hele wrap so breed soos die piesang is. Rol die piesang verder tot jy iets het wat soos ’n groot Chinese rolletjie lyk. Albei punte sal toe wees en die rolletjie sal netjies en styf op­­gerol wees. Herhaal met die res van die wraps.

3. Pak die rolletjies op jou rooster en braai oor matige hitte. Draai die rolletjies versigtig met ’n braaitang sodat dit aan al vier kante braai. Die braai­proses behoort altesaam 8 min. te duur, afhangend van hoe warm jou kole is. Gebruik maar jou goeie oordeel, want kole is nie altyd meer op hul beste wanneer jy al jou hoofmaaltyd gehad het en dan terugkeer vuur toe nie. Dit duur dalk langer.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

2 Februarie 2023

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees