Plaas ’n swartpot of vuurbestande pan oor matige kole.
1. Verhit die olie in die pot. Voeg die ui en soetrissie in en braai sowat 15 min. liggies tot baie sag. Voeg die knoffel by en braai 1-2 min. tot sag. Roer die komyn, paprika en rooipeper in en braai 1 min.
2. Terwyl die ui gaar word, braai die boerewors hoogstens 10 min. oor die vuur, want dit kook later nog in die tamatiesous. Sny dit in 2 cm- lengtes en sit dit in die pot.