Skil 4 middelslag-aartappels en sny rofweg in blokkies. Breek 1 kop blomkool in kleiner boompies. Verhit 30 ml (2 e) olie in ’n diep pan en braai 1 gekapte ui tot sag. Voeg 2 gekapte knoffelhuisies, 15 ml (1 e) garam masala, 5 ml (1 e) borrie en 2,5 ml (½ t) mosterdsaad by. Roerbraai tot geurig en voeg die groente by. Giet 125 ml (½ k) groente- of hoenderaftreksel by en laat oor matige hitte stoom tot die aartappels sag is. Geur met 5 ml (1 t) witwynasyn en sout. Sprinkel ’n bietjie uiesaad oor, indien verkies.
Aloo gobi (kerrieblomkool-en-aartappel)
