1. Verhit die olie in ’n groot kastrol. Braai die uie terwyl jy roer tot versag. Roer die lamsvleis in en braai tot verbruin. Roer die rys en dennepitte in. Voeg die kruie en 30 ml (2 e) suurlemoensap by. Kook tot deurgaar. Laat afkoel.
2. Spoel die druiweblare in koue water af. Dompel die blare in sarsies ’n paar sekondes in ’n groot kastrol kookwater. Plaas in ’n vergiettes, spoel onder koue water af en dreineer goed.
3. Vul die blare so: Plaas ’n druiweblaar met die gladde kant na onder op ’n werkbank en sny die groot stingel af. Skep ’n opgehoopte teelepel rysmengsel in die middel. Vou die stingel- en sykante oor en rol styf op.