Voorverhit die oond tot 200 °C. Hou ’n klein oondbak en ’n vel foelie byderhand.
1. Paaperhappies: Sny die samoesadeeg rofweg in stukke. Verhit die olie in ’n klein kastrol vir diepbraai. Braai die deegstukke in sarsies tot goudbruin en bros. Dreineer op kombuispapier.
2. Meng die paprika, brandrissiepoeier, koljander en sout goed en sprinkel oor die bros deegstukke.