1. Sny die pitte van die stronke af in ’n mengbak. (Jy sal sowat 6 koppies nodig hê.) Was die blare en sit dit eenkant om die brood in toe te draai. Druk die pitte met ’n houtlepel of vurk fyn tot glad.
2. Voeg die suiker, gesmelte botter of margarien en bruismeel by en meng tot ’n deegagtige dikte. Knie die deeg sowat 10 min. in die bak tot gemeng.
3. Verdeel die deeg in vier stukke en vou elke stuk in ’n mielieblaar toe. Vou die blaar om die deeg om dit toe te maak. (Jy sal dalk die blare in ’n bietjie warm water moet week om dit sag te maak.)