- Dreineer 400 g olywe en pak in ’n fles of glasbak. Sny 2 wiele fetakaas in blokkies en voeg by die olywe.
- Skil en kneus 6 knoffelhuisies en voeg saam met ’n paar takkies vars tiemie, 15 ml (1 e) droë origanum, die skil van 1 suurlemoen en 125 ml (½ k) olyfolie by die olyfmengsel.
- Meng liggies, seël goed en laat minstens oornag of 2-3 dae in die yskas marineer.