1. Verhit die olie in ’n groot kastrol oor matige hitte. Voeg die rooi soetrissies en ui by en braai 2-3 min. tot sag.
2. Voeg die tamaties, knoffel, brandrissie, paprika, rooipeper, droë tiemie, droë lourierblare en sout en peper na smaak by. Kook 10 min. terwyl jy gereeld roer. Roer die tamatiepasta in en kook nog 1 min.
3. Meng die aftrekselpoeier met die kookwater en roer by die kastrol in. Verhoog die hitte na hoog. Voeg die rys by en kook 10-15 min. tot die vloeistof verdamp het en die rys sag is.