1. Kook, stoom of mikrogolf die spinasie tot net verlep. Dreineer. Druk die oortollige vog uit en dreineer op kombuispapier. Kap die spinasie grof en sprei op kombuispapier uit.
2. Verhit die olie in ’n klein braaipan. Braai die bruin-ui en knoffel terwyl jy roer tot die ui sag is. Roer die neutmuskaat in en braai tot geurig. Meng die uimengsel en spinasie in ’n groot bak met die fetakaas, suurlemoenskil, kruie en groen-uie.
3. Voorverhit die oond tot 180 °C (of 160 °C met ’n waaier). Olie twee oondpanne.