Spinasie-dolmades

akkreditasie
Foto: Misha Jordaan
Foto: Misha Jordaan

 Vulsel

  • Verhit die olie in ’n kastrolletjie en braai die helfte van die uie tot sag. Voeg die knoffel by en braai tot geurig. Roer die rys by en roerbraai 5 min.
  • Giet 750 ml (3 k) water en ’n knippie sout by en bring tot kookpunt. Laat kook die rys 15-20 min. of tot sag en gaar – voeg nog water by ­indien die rys te vinnig droogkook.
  • Dreineer die rys en skep in ’n mengbak. Voeg die suurlemoenskil, -sap, kruie en sonneblomsade by, meng en geur met die sout en peper na smaak.

Dolmades

  • Bring ’n groot kastrol water tot kookpunt. Sny die onderste harde stele van die spinasieblare af. Dompel die blare in die water en laat kook tot net verwelk en spoel af met koue ­water. Dreineer goed en hou eenkant.
  • Plaas ’n spinasieblaar plat op ’n bord neer en skep ’n hopie van die rysvulsel in die middel. Vou die kante in en rol die vulsel in die spinasie in ’n rolletjie toe. Steek die dolmades met tandestokkies vas, indien nodig.
  • Pak die dolmades in ’n bak, drup ’n bietjie olyf­olie oor, indien verkies, en sit voor saam met die suurlemoenwiggies en seesout.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

26 Mei 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees