Meng 125 ml (½ k) bruismeel, 60 ml (¼ k) kekerertjiemeel, 2,5 ml (½ t) borrie, 15 ml (1 e) geroosterde masala en 2,5 ml (½ t) sout. Voeg ’n groot hand vol gekapte spinasie, 1 gekapte groen brandrissie en 2 gekapte uie by. Voeg water bietjies-bietjies by die mengsel tot dit ’n dik beslag vorm. Verhit genoeg olie in ’n kastrol vir diepvetbraai. Drup eetlepels vol van die beslag in die olie en braai tot goudbruin, uitgepof en gaar. Dreineer op kombuispapier en herhaal met die res van die bhaji-beslag.
Uie-bhaji's (dhaltjies)
