Die beste spek-en-kaastoebroodjie

akkreditasie
Foto verskaf
Foto verskaf
Bereidingstyd: 10 min
Porsies: 4 mense
Gaarmaaktyd: 15 min.
Bestanddele
  • 400 g - Eskort-streepspek
  • 1 k - roomkaas
  • ½ k - jalapeño, gepiekel
  • 2 k - cheddarkaas
  • 12 - snye brood
  • ¼ k - botter
  • 3 - tamaties, in skywe gesny
  • 1 - rooi-ui, in skywe gesny
Metode
  • Plaas die streepspek in ’n braaipan en verhit die pan oor hoë hitte. 
  • Braai die spek tot bros. 
  • Meng die roomkaas, jalapeño en cheddarkaas in ’n mengbak.  
  • Smeer al die snye met die botter en die kaasmengsel. 
  • Plaas die tamatie, spek en rooi-ui op die helfte van die snye brood en maak dit met die ander helftes toe. 
  • Bind die toebroodjies met nat slagtertou vas en braai 5 min. weerskante oor ’n warm vuur.  

Vir voorsit:

  • Sit voor saam met blatjang voor die braai. 

Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees