Eskort-vark-espetada met mielies met brandrissie-en-lemmetjiebotter en kaserige braaibrood

akkreditasie
Foto verskaf
Foto verskaf
Bereidingstyd: 10 min
Porsies: 4 mense
Gaarmaaktyd: 15 min
Bestanddele
  • 2e - Gerookte brandrissievlokkies
  • - Skil en sap van 1 lemmetjie
  • ½k - Gesmelte botter
  • 8 - Mielies
  • 8 - Dun snye brood
  • 1k - Mozzarellakaas
  • 1k - Cheddarkaas
  • 4 - Eskort-espetadas
  • - Sout en Peper
Metode
  • Kry die vuur reg.
  • Meng die brandrissievlokkies en lemmetjieskil en -sap met die gesmelte botter en verf die mielies.
  • Verf die buitekante van die toebroodjies met brandrissie-en-lemmetjiebotter en vul dit met die mozzarella en cheddar.
  • Braai die espetadas 5 min. aan elke van die 4 kante – altesaam 20 min. – op die braaier.
  • Braai die mielies 10 min. terwyl jy dit deurgaans met die botter verf. Geur met die sout en peper.
  • Braai die toebroodjies 5 min. weerskante.

Vir voorsit: Sit die espetadas voor saam met die mielies en die kaserige braaibroodjies. Voeg ’n slaai by indien verlang.


Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees