Gemarineerde lenderibbetjies met geroosterde-patatslaai

akkreditasie
Foto verskaf
Foto verskaf
Bereidingstyd: 10 min
Porsies: 4 mense
Gaarmaaktyd: 20 min
Bestanddele
  • 4 - patats, in wiggies gesny
  • 2e - grasuie, gekap
  • 2e - basilie, gekap
  • 2t - pietersielie, gekap
  • ¼k - songedroogte tamaties, gekap
  • - skil van 1 suurlemoen
  • 3e - avokado-olie
  • 2kg - Eskort- gemarineerde lenderibbetjies
Metode
  • Braai die ribbetjies 10 min. weerskante terwyl jy dit ná 5 min. omdraai en met die sous in die pakkie bedruip.
  • Braai die patats 15-20 min. of tot deurgaar.
  • Terwyl die ribbetjies en patats op die braaier is: Meng die kruie, tamaties en suurlemoenskil met die avokado-olie. 
  • Meng die patats met die kruiemengsel in die bak sodra dit van die vuur af kom.

Vir voorsit: Sit die patatslaai voor saam met die ribbetjies.

Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees