Geroosterde babawortels met rooi pesto-quinoa, gemende saad en Eskort-pregosteaks

akkreditasie
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Bereidingstyd: 10 min
Porsies: 4 mense
Gaarmaaktyd: 20 min
Bestanddele
  • 500 g - babawortels
  • - olyfolie vir gaarmaak
  • - sout en peper, na smaak
  • 1 - pak Eskort-pregosteaks
  • 2 k - gaar quinoa
  • ¼ k - rooi soetrissie-pesto
  • ½ k - gemengde saad
Metode
  • Voorverhit die oond tot 200 °C. 
  • Plaas die babawortels op ’n gesmeerde oondpan en bedruip met ’n bietjie olyfolie.
  • Geur die wortels met sout en peper na smaak en bak 10 min. 
  • Verhit ’n braaipan oor matige hitte terwyl die wortels in die oond is. 
  • Bedek elke pregosteak met 1 e olyfolie en braai 5-6 min. weerskante. Laat rus die steaks 1-2 min. in die pan. 
  • Meng die gaar quinoa met die rooi soetrissie-pesto.
  • Voeg die gemengde saad by die wortels in die oond vir die laaste 3 min. 

Vir voorsit:

  • Sny die pregosteaks in dun skywe en sit dit op die quinoa voor saam met die geroosterde wortels en saad. 

Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees