Geroosterde peer-en-kekerertjieslaai met geurige varkneksteak

akkreditasie
Foto: verskaf
Foto: verskaf
Bereidingstyd: 10 min
Porsies: 4 mense
Gaarmaaktyd: 20 min
Bestanddele
  • 2 - pere
  • - olyfolie vir gaarmaak
  • 1 - pak Eskort- gerookte varkneksteaks
  • - sout en peper, na smaak
  • 1 - blik kekerertjies, gedreineer
  • 1 t - harissa-pasta
  • 4 - hande vol vars spinasieblare
Metode
  • Verhit ’n braaipan oor matige hitte.
  • Sny die pere in kwarte en bedek dit met ’n eetlepel olyfolie.
  • Plaas dit in die braaipan en braai 5-6 min. 
  • Bedek die varkneksteaks met die olyfolie, geur met die sout en peper en braai 5-6 min. weerskante in dieselfde pan. 
  • Haal die steaks uit die pan, voeg die kekerertjies saam met die harissapasta in die pan en verwyder die pan van die hitte.

Vir voorsit:

  • Sny die varkneksteaks in dun skywe en sit dit saam met die pere en kekerertjies op die spinasieblare voor. 

Jongste uitgawe

3 Februarie 2022

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees