Geurige bruinrysslaai met Kaaps-Maleise minifrikkadelle en klapperjogurt

akkreditasie
Foto verskaf
Foto verskaf
Bereidingstyd: 10 min
Porsies: 4 mense
Gaarmaaktyd: 15 min
Bestanddele
  • Eskort- Kaaps-Maleise minifrikkadelle -
  • 200 g - Franse bone
  • 3 e - avokado-olie
  • 3 e - rooiwynasyn
  • - skil en sap van 1 suurlemoen
  • - sout en peper na smaak
  • 1 k - grasuie, gekap
  • 1 t - droë brandrissievlokkies
  • 4 k - gaar wilderys
  • ½ k - klapperjogurt
Metode
  • Voorverhit die oond tot 180 °C. 
  • Plaas die frikkadelle in hul sak in die mikrogolfoond vir 2 min. 
  • Plaas die frikkadelle saam met die marinade op ’n gevoerde bakplaat en bak 10 min.  
  • Voeg intussen die bone, avokado-olie, asyn, suurlemoenskil en -sap in ’n bak en geur met die sout en peper. 
  • Meng die grasuie en brandrissievlokkies deur die bruinrys en skep in ’n slaaibak. 
  • Bedek die rys met die bone en drup die olyfolie en asyn van die bone oor die rys.  
  • Haal die frikkadelle uit die oond.

Vir voorsit: 

  • Sit die frikkadelle op die bruinrysslaai voor saam met die marinade en sous van die frikkadelle. Bedruip met die klapperjogurt. 

Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees