Glutenvrye plaatkoekies met vetvrye spek en heuninggebraaide piesang

akkreditasie
Foto verskaf
Foto verskaf
Bereidingstyd: 10 min
Porsies: 4 mense
Gaarmaaktyd: 10 min
Bestanddele
  • 400g - Eskort- maer blokkiespek
  • 1e - klapperolie
  • ¼k - heuning
  • 4 - piesangs, middeldeur gesny, met die skil aan
  • - Bestanddele vir plaatkoekies:
  • 4 - eiers, geskei
  • 1k - klappersuiker
  • 1t - vanielje
  • 1k - klappermeel
  • - sout
  • ¼k - klapperolie vir gaarmaak
Metode

  • Verhit ’n braaipan oor matige hitte en braai die spek tot bros.
  • Skep die spek uit die pan en voeg die klapperolie en heuning by.
  • Braai die piesanghelftes in die heuning tot gekaramelliseer.

Plaatkoekies

  • Meng ½ k klappersuiker en die eiergele saam met die vanieljegeursel in ’n groot bak en klits tot lig en donsig.
  • Meng die klappermeel met die xanthangom en bakpoeier.
  • Vou die klappermeel en jogurt in.
  • Klits die eierwitte saam met die sout in ’n aparte bak tot stywe punte vorm.
  • Voeg die oorblywende klappersuiker stadig by en klits tot dit syagtig soos meringue is.
  • Vou die meringue by die hoofmengsel in, skep in ’n gesmeerde pan en braai die plaatkoekies in die klapperolie 3 min. weerskante.

Vir voorsit: Sit die plaatkoekies voor saam met die bros spek en die gekaramelliseerde piesang en jogurt

Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees