Glutenvrye platbrood met rafelvark en koue geroosterde groente

akkreditasie
Foto verskaf
Foto verskaf
Bereidingstyd: 10 min
Porsies: 4 mense
Gaarmaaktyd: 15 min
Bestanddele
  • 4 - ryp tamaties, middeldeur gesny
  • 100 g - sprietuie
  • 200 g - reënboogwortels, in kwarte gesny
  • 3 e - olyfolie
  • 2 t - tiemie, gekap
  • 1 - knoffelhuisie, gekap
  • 2 t - Cajun-speserye
  • - sout en peper
  • 500 g - Eskort-braairafelvark
  • 1 k - jogurt
  • Platbrood: -
  • 2 k - amandelmeel
  • 2 k - bokwietmeel
  • 4 t - xanthangom
  • 4 t - bakpoeier
  • 1 t - sout
  • 1¼ k - water
Metode
  • Voorverhit die oond tot 190 °C. 
  • Plaas die tamaties, sprietuie en reënboogwortels in ’n gevoerde bakplaat.  
  • Bedek die groente met die olyfolie, tiemie, knoffel en speserye. 
  • Geur met die sout en peper en bak 10 min. 
  • Haal die groente uit die oond en laat afkoel.

Platbrood

  • Plaas al die bestanddele in ’n bak en meng goed om ’n bal deeg te vorm.  
  • Verdeel die deeg in 8 stukke. 
  • Rol uit op ’n oppervlak wat met ’n bietjie bokwietmeel bestrooi is en braai 2-3 min. weerskante in ’n droë pan tot goudbruin.
  • Verhit die braairafelvark 5-6 min. in ’n braaipan. 

Vir voorsit: 

  • Skep die rafelvark op die jogurt en sit saam met die geroosterde groente en platbrood voor. 



Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees