Glutenvrye tortillas met geurige varklendesteak, avokado en piekelgroente

akkreditasie
Foto verskaf:
Foto verskaf:
Bereidingstyd: 10 min
Porsies: 4 mense
Gaarmaaktyd: 15 min
Bestanddele
  • - Eskort-varklendesteaks
  • - sout
  • - swartpeper
  • 1 t - groen brandrissie, gekap
  • 2 - ryp avokado’s
  • 3 e - olyfolie
  • ½ k - maaskaas
  • Piekelgroente: -
  • 2 - rooi soetrissies, in kwarte gesny
  • 100 g - groen tamaties, middeldeur gesny
  • 100 g - groen druiwekorrels
  • ½ k - strooisuiker
  • ½ k - witwynasyn
  • ½ k - water
  • Tortillas: -
  • 1 k - klappermeel
  • 1 k - vlassaadmeel
  • 2 t - xanthangom
  • 1 t - sout
  • 1 k - water
Metode
  • Geur die steaks met die sout en peper en braai 7-8 min. weerskante in ’n pan. Laat rus die steaks 2 min. 
  • Sny die steaks in skywe, geur met die swartpeper en voeg die groen brandrissie by. 
  • Halveer die avokado’s en hou dit vir voorsit. 

Piekelgroente: 

  • Plaas die rooi soetrissies, tamaties en druiwekorrels in ’n hittebestande fles.
  • Verhit die suiker, asyn en water oor matige hitte tot dit begin kook en laat kook 5 min. 
  • Giet die warm asyn oor die groente in die fles en verseël. 
  • Hou dit in die yskas tot jy reg is om dit te gebruik.

Tortillas:

  • Plaas al die bestanddele in ’n mengbak en meng goed tot ’n bal deeg vorm. 
  • Verdeel die deeg in 8 balle. Rol uit op ’n oppervlak wat met ’n bietjie klappermeel bestrooi is en braai in ’n droë, warm pan.
  • Verhit ’n braaipan oor hoë hitte en bedek die steaks met olyfolie.

Vir voorsit:

  • Sit die tortillas voor saam met die maaskaas, steakskywe, avokado en piekelgroente.



Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees