
- 1 - pak Eskort BBQ Pork Rashers
- 1 - blik kekerertjies, gedreineer
- 2 - perskes, in agtstes gesny
- 4 - hande vol gemengde blaarslaai
- 125 g - beleë wit kaas, skaafsels
- 45 ml - harissa-spesery
- 45 ml - olie, vir braai
’n Bros laag gemengde blaarslaai word eers met gesnyde perskes, harissa-gegeurde kekerertjies en skaafsels beleë wit kaas en dan met rokerige happiegrootte blokkies van ons braaivarkworse bedek – dis #DieLekkerLewe.
Varkworse
- Verhit die olie in ’n braaipan oor matige hitte en braai die worse tot bros weerskante.
- Skep die worse uit die pan en sit eenkant.
Harissa-gegeurde kekerertjies
- Braai die kekerertjies in dieselfde pan tot goudkleurig, geur met harissa-spesery en verwyder van die hitte.
Afronding en voorsit
- Rangskik die gemengde blaarslaai op ’n bord, gevolg deur die gesnyde perskes, wit kaasskaafsels en gegeurde kekerertjies.
- Sny die worse in kleiner blokke en voeg dit by die slaai voor jy dit voorsit.