Mediterreense varkworspizza met gekaramelliseerde uie

akkreditasie
Foto verskaf
Foto verskaf
Bereidingstyd:
Porsies:
Gaarmaaktyd:
Bestanddele
  • 1k - water
  • - olie vir gaarmaak
  • 1ui - in dun skywe gesny
  • 2t - balsemieke asyn
  • 1 - groen soetrissie, gerooster
  • ½k - tamatiepuree
  • 1k - mozzarellakaas
  • ½k - fetakaas
  • - Eskort- Mediterreense varkworse
  • ½k - water
  • 1½k - bruismeel
  • 1t - sout
Metode
  • Voorverhit die oond tot 200 °C.
  • Meng die water, meel en sout in ’n mengbak en knie tot ’n gladde deeg vorm.
  • Bedek die deeg en hou op ’n warm plek.
  • Verhit ’n braaipan oor hoë hitte.
  • Voeg die worse saam met 1 k water en 1 t olie en kook 10 min. tot die water verdamp het en die worse in die olie begin braai.
  • Skep die worse uit die pan en sny in wiele.
  • Braai die ui in ’n braaipan met olie oor matige hitte tot gekaramelliseer.
  • Voeg die balsemieke asyn by die uie.
  • Sny die geroosterde soetrissie in repe.
  • Rol die pizzabasis uit en smeer die tamatiepuree oor.
  • Voeg die mozzarellakaas en worse by.
  • Voeg die soetrissie by en bedek die pizza met die feta.
  • Bak die pizza 10 min.

Vir voorsit: Sit die pizza voor saam met die gekaramelliseerde ui.

Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees