Mini-braaifrikkadelle met rooislaai in ’n lae-GI-pita

akkreditasie
Foto verskaf
Foto verskaf
Bereidingstyd: 10 min
Porsies: 4 mense
Gaarmaaktyd: 15 min
Bestanddele
  • 100 g - geroosterde beet
  • 1 - rooi-ui, in dun skywe gesny
  • 1 t - asyn
  • 1 - knoffelhuisie, gekap
  • - sout en peper na smaak
  • 1 - avokado, in dun skywe gesny
  • 4 - lae-GI-pitas, middeldeur gesny
  • 3 e - avokado-olie
  • ¼ k - jogurt
  • 2 - hande vol wilde roket
  • Eskort BBQ Mini Frikkadelle -
Metode
  • Voorverhit die oond tot 180 °C. 
  • Plaas die frikkadelle in hul sak in die mikrogolfoond vir 2 min. 
  • Plaas die frikkadelle op ’n gevoerde bakplaat en bak 10 min. in die oond. 
  • Voeg die beet, rooi-ui, asyn en knoffel in ’n mengbak en geur met die sout en peper. 
  • Giet nog ’n bietjie asyn oor die avokado en geur met nog sout en peper. 
  • Rooster die pitabrode 30 sek. weerskante met die olie in ’n braaipan of hou dit ongerooster.   
  • Haal die frikkadelle uit die oond.

Vir voorsit:

  • Vul die pitas met 1 e jogurt elk en verdeel die roket en van die rooislaai daarby. Voeg die braaifrikkadelle en avokado by en sit voor. 

Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees