Piesangbrood met spek en brie en whisky-en-komyn-uiemarmelade

akkreditasie
.
.
Bereidingstyd: 20 min
Porsies: 4 mense
Gaarmaaktyd: 20 min
Bestanddele
  • Toebroodjie: -
  • 400 g - Eskort Rug spek
  • 8 - snye piesangbrood – jou gunstelingwinkelpiesangbrood
  • 60 ml - botter
  • - vars roket
  • Uiemarmelade: -
  • 45 ml - olyfolie
  • 2 - uie, in dun skywe gesny
  • 30 ml - fyn komyn
  • 60 ml - whisky
  • 125 ml - bruinsuiker
  • 5 ml - vanieljegeursel
  • 5 ml - sout
  • 15 ml - asyn
Metode

Uiemarmelade:

  • Verhit ’n kastrol oor matige hitte.
  • Voeg die olyfolie en uie in en braai tot die uie goudbruin en sag is.
  • Voeg die res van die bestanddele by en verlaag die hitte.
  • Laat prut 10-15 min.

Toebroodjie:

  • Verhit ’n braaipan oor hoë hitte en braai die spek tot bros.
  • Pak die spek en skywe brie in lae op 4 snye piesangbrood en voeg die uiemarmelade by.
  • Maak dit met die oorblywende snye brood toe. 
  • Smelt die botter in ’n groot braaipan en rooster die toebroodjies tot die brie gesmelt is.
  • Sit voor saam met roket en ekstra uiemarmelade. 
Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees