Sappige varkworsietoebroodjies

akkreditasie
Foto verskaf
Foto verskaf
Bereidingstyd:
Porsies:
Gaarmaaktyd:
Bestanddele
  • 4 - groot snye suurdeegbrood
  • ½ k - maaskaas
  • ½ k - sondroë tamaties
  • 2k - gerasperde wit kaas
  • 4 - eiers, geposjeer of gekook
  • - ’n hand vol vars basilie
  • 1e - olie
  • 2k - water
  • - sout en peper
  • 350 g - Eskort Gold Medal-varkworsies
Metode
  • Skakel die roosterfunksie van jou oond aan.
  • Plaas die varkworsies in ’n braaipan saam met 2 k water en die olie.
  • Plaas die pan oor matige hitte en kook die worse in die water tot die water veramp het. Braai dan die worse vir 10-15 min. in die oorblywende olie tot goudkleurig weerskante.
  • Rooster die brood en smeer die snye met die maaskaas.
  • Voeg die sondroë tamaties en die wit kaas by.
  • Geur met sout en peper.
  • Rooster die toebroodjies tot die kaas gesmelt het.

Vir voorsit:
Sit die worse en die eiers op die toebroodjies voor en garneer met die vars basilie.

Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees