Varkfilet en gebakte fetaslaai

akkreditasie
Foto verskaf
Foto verskaf
Bereidingstyd: 10 min
Porsies: 4 mense
Gaarmaaktyd: 15 min
Bestanddele
  • 2 k - feta
  • 1-1,5 kg - Eskort-varkfilet
  • - olie
  • - sout en peper na smaak
  • 1 k - gemengde saad
  • - avokado-olie
  • 4 e - rooiwynasyn
  • 4 - hande vol babaspinasie
  • 4 e - suurlemoengegeurde avokado-olie
Metode
  • Voorverhit die oond tot 190 °C.
  • Plaas die feta op ’n gevoerde bakplaat en bak 5 min. 
  • Verhit ’n braaipan oor hoë hitte. 
  • Smeer die filet met die olie in en geur met die sout en peper.
  • Skroei die filet 5 min. weerskante, plaas dit nog 8 min. in die oond en laat rus. 
  • Braai die saad in ’n warm pan met ’n bietjie sout en die avokado-olie.

 Vir voorsit: 

  • Sny die filet in dun skywe en bedruip met die rooiwynasyn. Skep die filet op die babaspinasie saam met die gekrummelde gebakte feta en die saad. Giet die suurlemoen-avokado-olie oor die slaai en sit voor. 

Jongste uitgawe

9 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees