Hulle slaan dit binne ’n handomkeer met maklik beskikbare bestanddele aanmekaar. Jenewer en rum saam met whisky is die sterre in dié drankies, asook blomme, fynbos en kruie, veral rooibos. En met die dat ons nou weer onder vlak 1 van die inperking alkohol kan koop, is dit tyd om kreatief met jou drankies te raak.
Agt mengmeesters het hierdie spoggerige skemerkelkies spesiaal vir ons berei – hier is hul resepte.