Malvalekker-melkskommel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dit is dalk die vinnigste en soetste melkskommel wat jy kan maak en kan een van jou kinders se gunstelinge word.

Genoeg vir 2-4 mense

Bereiding: 5 min.

Gaarmaak: Geen

Bestanddele

5 skeppe vanieljeroomys

45 ml (3 e) melk

45 ml (3 e) natuurlike jogurt

5 malvalekkers

45 ml (3 e) sjokoladesous

Metode

  • Meng die roomys, melk en jogurt in ’n voedselverwerker en verwerk tot gemeng.
  • Voeg die malvalekkers by en verwerk tot net stukkend en egalig versprei.
  • Spat die sjokoladesous in elkeen van die opdienhouers, gooi die melkskommel in en sit voor.
Foto: David Briers
Jongste uitgawe

2 Desember 2021

Jongste uitgawe
Klik hier om te gaan na jóú biblioteek met jou tydskrifte en -koerante.
Begin lees