- Plaas die ment, lemmetjiesap, 2 skyfies van die pynappel, die jalapeño, indien gebruik, en strooisuiker in ’n groot beker. Kneus met die agterkant van ’n houtlepel.
- Giet die rum of wodka by en meng goed. Laat staan 30 min.
- Voeg die tee en limonade by en meng liggies.
- Verdeel die mojito tussen glase en sit ’n paar ysblokkies in elkeen.
- Rond af met nog vars vrugte en sit die drankie koud voor.