1. Sif die droë bestanddele (behalwe die sade) in ’n mengbak. Voeg die sade by en meng deeglik.
2. Skep die avokadovlees uit en weeg op ’n kombuisskaal. Plaas die avokado in ’n bekervermenger of mini-blitsvermenger saam met al die nat bestanddele behalwe die kookwater en meng 30-60 sek. tot ’n gladde puree sonder enige klonte. Giet die mengsel by die droë bestanddele en roer deur.
3. Giet die kookwater in die vermengerhouer, sit die deksel op en skud om enige orige avokadomengsel los te maak voor jy die water in die mengbak giet. Gebruik ’n handklitser en meng alles vinnig om ’n ligte beslag te vorm (moet dit nie te veel klits nie).