Dié karringmelkkoek met sy lagie druiwe en pekanneute bo-op, en wat besprinkel word met vinkelsaad en strooisuiker, smaak hemels saam met dik romerige jogurt of mascarponekaas waarby ’n bietjie fyngerasperde lemoenskil ingemeng is.
Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n 23-cm veerklamppan of andersins ’n groot losboomtertpan goed met kossproei en bestrooi met koekmeel.
1. Koek Klop die botter en strooisuiker tot lig en donsig. Voeg die eiers een vir een by en klits goed ná elke byvoeging.