Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit en bespuit met kossproei.
1. Skons: Plaas die teesakkies in die water en laat trek vir 15 min. Haal uit en druk oortollige vloeistof uit.
2. Meng die meel, suiker en bakpoeier liggies in ’n groot mengbak. Voeg die botter by en vryf dit by die meelmengsel in – die mengsel moet soos broodkrummels lyk.