Voorverhit die oond tot 200 °C. Voer ’n groot bakplaat met bakpapier uit en bespuit met kossproei.
1. Vulsel: Rooster die koljander- en komynsaadjies tot geurig. Skep die saadjies uit en maal grof.
2. Verhit die olie in ’n diep pan en braai die uie en knoffel tot sag. Voeg die sampioene by en roerbraai tot gaar. Skep uit in ’n mengbak.