Ons marineer die forel oornag in ’n beetpiekel wat verseker dat dié spogvissie deftig pienk verkleur. Die alkohol in die piekel maak die forel ligweg gaar, maar dit kan vervang word met 30 ml (2 e) suurlemoensap indien verkies.
Om ’n happie mooi voor te sit maak ’n groot verskil! Ons maak biltong-gespikkelde roomkaasbolletjies en sit dit voor op radysrosies saam met soutbeskuitjies.
Die pienkpeper laat nie net die steak deftig lyk nie, dit is heerlik geurig ook. Maak ’n reusesteak gaar en sny dit in skyfies om met jou geliefde te deel – sommer so uit een bord! Jy kan selfs die steak eerder oor die kole braai, indien verkies.