1. Vis: Sny die vis in blokkies en geur met die sout en peper. Rol die vis in die meel en skud enige oortollige meel af.
2. Verhit genoeg olie vir vlakbraai en braai die vis in sarsies tot goudbruin en gaar. Dreineer op kombuispapier en hou eenkant.
3. Kerrie: Verhit die olie in ’n diep pan en roerbraai die uie tot sag. Voeg die knoffel, lourierblaar en speserye by en braai 1 min. tot geurig.