- Verhit die beet, botterskorsie, kaneelstokkies, hoenderaftreksel en lemoensap saam oor lae hitte en laat prut tot die groente sag is.
- Verwyder van die stoof, haal die kaneelstokkies uit en verpulp die mengsel met ’n staafmenger of in ’n voedselverwerker tot glad.
- Roer die jogurt by en geur met die vars neutmuskaat en sout en peper.
- Kap die mentblare fyn en voeg saam met die olie by die sop, of rond af met ’n bondeltjie vars kruisementblare.