Gnocchi
- Skil die aartappels en hou die skille eenkant in ’n bak gesoute water (vir latere gebruik).
- Halveer die aartappels en sit in ’n kastrol.
- Bedek met water en laat kook tot die aartappels gaar is.
- Dreineer in ’n vergiettes en laat 10 min. droog- stoom.
- Druk die aartappels fyn en hou eenkant om af te koel.
- Skep die fynaartappel in ’n hopie op ’n skoon werkoppervlak.
- Sprinkel die meel en sout oor.
- Maak ’n holte in die middel en giet die eiers daarin.
- Meng met ’n vurk en skep die aartappel-en-meelmengsel oor die middel.
- Meng tot ’n sagte deeg vorm.
- Rol die deeg in ’n bal en verdeel in 4 gelyke dele.
- Maak die werkoppervlak skoon en bestrooi weer liggies met meel.
- Rol elke deegbal in ’n slangetjie en sny dan in 2 cm-kluit-jies met ’n skoon mes.
- Bestrooi met meel en hou eenkant.
Sous
- Verhit die botter en olie in ’n diep pan en braai die knoffel en spek tot bros.
- Verlaag die hitte, strooi die meel oor, meng deur en giet die room by.
- Roer aanhoudend tot die sous verdik.
- Voeg die gerasperde broccoli by en laat 5 min. liggies prut.
- Geur met die sout en vars gemaalde peper na smaak.
Afronding
- Bring ’n groot pot gesoute water tot kookpunt.
- Kook die gnocchi-kluitjies in sarsies daarin.
- Dit is gaar wanneer dit begin dryf.
- Skep met ’n gaatjieslepel uit, direk in die sous in.
- Herhaal met die res van die gnocchi.
- Verhit ’n bietjie olie in ’n diep pan vir vlakbraai.
- Haal die aartappelskille uit die water uit en klad goed droog met ’n teedoek.
- Braai die skille in sarsies tot goudbruin en bros.
- Dreineer op kombuispapier en besprinkel met die kruie en speserye.
- Verdeel die gnocchi en sous tussen 4-6 bakkies, sprinkel van die bros aartappelskille oor en garneer met pietersielie.